Klokkedag
Die Kerklike Maatskaplike Dienste (KMD) bied jaarliks op Hemelvaartdag Klokkedag aan. Hierdie jaar was die derde jaar wat dit aangebied is.'n Klokkie met 'n plakker word teen R 5.00 by ons KMD kantore verkoop. Geld wat inge-samel word, word aangewend vir die dienste van die KMD's in die Vrystaat. 12 760 indi-vidue word per jaar bygestaan met voedsel, klere en komberse; ± 1 258 kinders word deur wetlike optrede beveilig asook ± 92 mishandelde en ± 88 gemolesteerde kinders. 145 straatkinders word in programme betrek en in skuilings geakkommodeer en toesigdienste word aan ongeveer
5 729 kinders in alternatiewe sorg gelewer.Deur 'n klokkie te dra wys dat u omgee en so 'n bydrae maak tot die verligting en pyn van mense in nood.
Kontak enige van ons KMD kantore vir meer besonderhede of aankope.
