Welkom by KMD se webtuiste
Die KMD is 'n aksie en betrokkenheid wat vanuit die NG Kerk ontstaan het. Die NG Kerk gemeentes was sedert hul bestaan
betrokke by hulp aan armes. In 1902 het hulle kinder-huise geopen ten 'einde die talle weeskinders te versorg. Gedurende
1953 is die eerste formele liggaam wat maatskaplike werk betref gestig, naamlik: "Raad vir die Diens van Barmhartigheid"
en in 1988 verander die naam na "Kerklike Maatskaplike Dienste". Tans is daar 11 KMD-kantore in die Vrystaat en hulle bedien
18 dorpe se totale gemeenskap.
Visie
KMD lewer in opdrag van God diens-getuienis aan die mens en gemeenskap in nood deur met Woord en brood te bedien
en tot selfontwikkeling te begelei.
Ons leuse
"God se liefde in aksie: is in 'n wereld vol nood die aansporing in werkers en mede-werkers se lewens. Juis in tye wat die nood 'n
onstellende werklikheid en groeiende realiteit is, word geloof, hoop en liefde die anker van bestaan. Die KMD's het in hierdie wereld
en gemeen-skappe die taak om die nood te verlig en 'n boodskap van hoop oor te dra.